top of page
'n uitnodigin tot stilte vir jou
Kom word stil kamp program (Banner Landscape).png

Philippolis - Stillepolis

Kom word stil kamp program (Banner Landscape).png

’n Ruimte waar stilte heel, en geskiedenis nuwe woorde vind

Philippolis – die oudste nedersetting in die Vrystaat – dra in sy grond en geboue die stories van Boesmans, Griekwas, sendelinge, boere, Engelse, oorlog, ontworteling en oorlewing.
Dit is ’n dorp waar die verlede naby aan jou bly,
waar geskiedenis nie net iets is wat gelees word nie,
maar gevoel word: in die wind, in die vlaktes, in die stilte.
Juis daarom glo ons Philippolis bied iets wat selde elders gevind word:
’n ruimte waar stilte heel, en geskiedenis nuwe woorde vind.

STIL RETRAITES

Smag jy na stilte...tyd... stap in die natuur...musiek...kuns...betekenisvolle gesprekke...?

Al hierdie en nog meer is tot jou beskikking wanneer jy deel word van die stil retraite.

Daar is ‘n basiese ritme in elke dag se program.

Ons drie gesamentlike stilword geleenthede in die historiese NG kerk gebou is ‘n vaste deel van die retraite en daar word van jou verwag om dit by te woon.

Ander aktiwiteite is opsioneel waaruit jy kan kies na gelang van jou persoonlike behoefte en belangstelling.

Dit is jou keuse of jy die retraite in totale stilte wil doen en of jy by aktiwiteite waar daar interaksie is wil inskakel.

Etes kan jy ook op jou eie in stilte geniet of saam in die groep waar interaksie sal plaasvind.

TOERUSTINGSGELEENTHEDE EN SEMINARE

Philippolis bied weg van die stad se lawaai ook die ideale geleentheid vir kerkrade, ringe, vrouedienste wat ‘n wegbreek of toerustingsgeleentheid wil reël.  Kontak ons gerus as jy so geleentheid wil beplan en ons kyk hoe ons kan help.

 

Predikante kan ook uitkyk vir kursusse wat VBO punte bied wat hier aangebied gaan word. Hou die spasie dop vir kursusse later die jaar.

REEL JOU EIE RETRAITE

Wil jy jou eie retraite kom hou?  Of jou kerkraad of katkisante bring?

Ons kan vir jou na gelang van jou behoeftes ‘n program saamstel. 

Kontak ons en ons begin die beplanning!

Enige predikant is welkom vir ’n persoonlike wegbreek of mini-retraite — op enige tyd van die jaar, nie net tydens geskeduleerde retraites nie.

Holding A Book

Akkommodasie & Fasiliteite

Verblyf is in die ou pastorie in die hoofstraat van die dorp of in plaaslike gastehuise.

Alles is stapafstand van mekaar.

Alle blyplekke is toegerus met ketel, yskas, eetgerei, koffie/tee en beskuit.

Meer oor Ons

Die Stille Polis inisiatief is gebore uit die tasbare belewenis van stilte en skoonheid in hierdie unieke Suid Vrystaatse dorpie. 

Louwrens en Gerda Scheepers is huidiglik die predikantspaar van die NG Gemeente Philippolis en Bergmanshoogte en het vinnig ontdek hoe die stilte hulle help om beter te hoor. Hier, tussen witgekalkte mure, helder lug, oop vlaktes en die stadige ritme van plattelandse lewe, ontstaan ’n heilige soort tyd. Met Louwrens se spesiale aanvoeling en belangstelling in die kontemplatiewe en sy ervaring as Spirituele begeleier, was dit 'n natuurlike stap om ander te wil innooi. Binne 'n jaar het hulle drie stil retraites aangebied en die moontlikhede gesien om hierdie bediening in samewerking met verskeie vennote, onder andere die NGK van die Vrystaat, te ontwikkel.

Dit is tyd vir predikante, leiers en

soekende mense om 'n

plek en ruimte te vind

waar hulle

weer kan asemhaal…

kan onthou wie hulle is…

en kan luister na die stem wat dikwels

onder die gewoel van gejaagdheid

van die lewe stilgedruk word.

Die Stille polis inisiatief is meer as net 'n plek - dis 'n beweging waar mense se stories van geloof, pyn, hoop en ‘n toekoms kan saamkom.

En tog is dit 'n plek - 'n plek waar geloof en hoop al vir baie jare saamloop.

IMG_3153.JPG

- Die fokus van ons

retraites is op

ritmes van stiltes.

Drie keer op 'n dag

kom ons saam bymekaar in die

pragtige historiese kerkgebou. 

Rondom hierdie daaglikse ritmes

van stilte kan jy verder jou eie dag beplan.

- Jy kan kies om die retraite in volledige stilte te doen - jou etes gebeur dan ook apart in stilte, of jy kan kies om etes saam met ander te doen wat dan 'n tyd van refleksie sal wees.

-  Die meeste van ons retraites doen ons hier in die dorp - daar is stap roetes in en uit die dorp (jy kan ook jou fiets bring en fietsroetes doen). Die retraite in die dorp gee 'n unieke ervaring van stiltes maar ook beweging van mense - weereens is dit jou keuse hoe jy daarmee in interaksie wil gaan.

- Tyd saam met 'n Spirituele Begeleier is

op aanvraag beskibaar (teen R350/sessie)

Wat maak retraites
in Philippolis
spesiaal?

WhatsApp Image 2026-02-05 at 10.24.12 PM (1).jpeg
WhatsApp Image 2026-02-05 at 10.30.32 PM.jpeg

TESTIMONIALS

Stille-Polis het vir ons en kan vir baie nog net verreikend wees. Ons

program het ruimte gemaak vir stil word in die wonderlike

Kerkgebou, ons woonplek, die natuur asook die strate van

Philippolis. Die Here het op n wonderbaarlik wyse met ons gepraat

deur die aanbieders, die getuienisse van die Jobhuis asook die

bidders en mense van die dorp. Ek glo hierdie is die geskikte plek in

die Vrystaat om stil te word.

Philip en Heidi Mc Laren - NG Bedelia Welkom

Die tyd in Philippolis was vir my besonders verrykend. Gerda en

Louwrens se gasvryheid, gemaklikheid, opregtheid en oop harte

het 'n groot indruk op my gemaak. Louwrens se spirituele

begeleiding was baie verhelderend. Hy kon my op my reis begelei

sonder om my reis te bepaal. Hy het 'n ruimte geskep waarin ek

beter kon onderskei.

Gys Loubser - Kimberley

Ek sou normaalweg die laaste mens wees wat myself as materiaal sou beskryf vir ‘n stil

retraite. Maar my lewe die afgelope twee jaar het gewys dat ek toenemend hierdie

geleenthede nodig het en daarby baat vind. Stille-polis was ‘n belewenis van herlaai,

oordenking, gesprek, vriendskappe smee, verdieping, verwondering, groei en nog meer. Ek

het reeds vir mense hiervan vertel en dit aanbeveel.

Elrika Senekal-Van der Berg - Bybelgenootskap

bottom of page