met...JOB in gesprek...met
Mon, 02 Mar
|Philippolis
Koste: Slegs R500 vir eerste 10 predikante wat registreer. Sluit in verblyf, alle etes, verversings en materiaal. Besoek aan Philippolis se Jobhuis is ingesluit. Alle verblyf in Philippolis se bekende Groenhuis 10 VBO-punte


Time & Location
02 Mar 2026, 14:00 – 03 Mar 2026, 16:30
Philippolis, Philippolis, 9970, South Africa
About the event
Wat maak hierdie Job seminaar uniek?
Onder die leiding van Dr. At Lamprech gaan daar die geleentheid wees om diep teologies met die Job teks om te gaan. Maar daar gaan ook tyd vir refleksie en stilte wees. Besoek gaan aan die Jobhuis gebring word waar daar in die ruimte van stilte en musiek 25 skilderye deur Rina Coetsee uit die boek Job beleef kan word. En dan gaan daar ook tyd wees om binne ons pragtige kerkgebou, die boek Job deur stilte en musiek te beleef.
Dr At Lamprecht beskryf die seminaar as volg:
Van die stiefkind van die Bybel – het Totius eenmaal verleë opgemerk: “Job weier om Afrikaans te praat.” Hierdie opmerking som die verleentheid van ‘n leser van Job op: om ‘n behoorlike greep op die betekenis van woorde, konsepte, idiome, metafore, verse, soms volledige hoofstukke te kry. Ongelukkig is die semiotiese prosesse wat die…